
Sewendedag-Adventiste Kerk
STREWERS
Tygerberg Strewers het hul eie Facebook blad waar jy meer van ons kan leer en sien wat ons doen
en waarby ons betrokke is:
https://www.facebook.com/tygerberg.strewers.1
-
Strewers bestaan uit twee ouderdom kategoriee nl:
1. VOORSLAGGIE KLUB – (ouderom 6 – 9)
Vir kinders tussen ouderom 6 – 9
Dit bied ouers die geleentheid om saam met hul kinders te leer en te groei. Deur gebruik te maak van kuns en kunsvlyt, buitelugaktiwiteite, kampeer en velduitstappies, en deur kinders die geleentheid te gee om aan gemeenskapsdiensprojekte deel te neem, sal die klubervaring hul natuurlike vermoëns verhoog en hul oë oopmaak vir ‘n groter wêreldbeskouinge.
Die Voorslaggie Klub bied opwindende en kreatiewe maniere vir kinders:
- om ‘n Christus gesentreerde karakter te ontwikkel;
- om die vreugde en die bevrediging te ervaar om dinge goed te doen;
- om hul liefde vir Jesus op ‘n natuurlike manier uit te druk;
- om goeie sportmanskap aan te leer en hul vermoë te versterk om met ander oor die weg te kom;
- om hul Godgegewe vermoëns te ontdek en te leer hoe om dit te gebruik en ander te dien;
- om God se wêreld te ontdek;
- om hul begrip te verbeter van wat maak families sterk;
- om ouer ondersteuning te kry vir die opleiding van kinders.
Kurrikulum:
6 jaar – Besige By
7 jaar – Sonstraal
8 jaar – Bouer
9 jaar – Helpende Hand
2. BAANBREKER KLUB – (ouderom 10 – 15+)
Vir jongmense tussen 10 en 16 jaar.
Die Baanbreker program is gesentreer op sterk, etiese, morele en geestelike waardes gebaseer op die Christelike geloof. Jongmense uit alle gelowe word egter aangetrokke tot die klub.
Baanbrekers word aangemoedig om
- verantwoordelike lede van hul gemeenskap te word,
- om bereid te wees om uitdagings aan te pak,
- om individue te wees,
- om saam met ander te werk,
- leierskapsvaardighede en vaardighede te ontwikkel,
- om hul liggaam en gees te versorg en weg te hou van skadelike stowwe.
Kurrikulum
Die kursus neem die kinders deur middel van ‘n leerplan:
10 jaar – Vriende
11 jaar – Makker
13 jaar – Verkenner
12 jaar – Touleier
14 jaar – Pionier
15 jaar – Rigter
16 jaar – Hoofrigter -Jongmense word Hoofrigter wanneer hul plaaslike- en streeksleierskaprolle beklee.
Prefix
Aktiwiteite
Die Honeur stelsel is die geleentheid om vaardighede en kunsvlyt te ontwikkel in ongeveer 350 aktiwiteite. ‘n Kenteken word toegeken vir elke honeur wat voltooi word.
Kamp
Kamp is altyd gewild onder die jongmense en gee die geleentheid om vaardighede aan te leer en te ontwikkel soos: kaart- en kompaswerk, kampvaardighede, sterre, touwerk, kampvure en buitenshuise kookkuns, natuurstudies, gesondheid en fiksheid en die bediening van die plaaslike gemeenskap.