Sabbatskool
Kom sluit gerus aan by enige van ons sabatskool lesstudies.
Volwassenes
Beskrywing van departement
Die doel van Sabbatskool is om die familie van God uit te brei en die liggaam van
Christus te versterk deur ons toewyding tot die wêreld missie.
Om volwassenes, jeug en kinders vir God te wen, hulle vir God te behou en hulle vir
God op te lei.
Deur lidmaatskap, bywoning, die studie van God se Woord en lojaliteit tot ons Missie
word daar voldoen aan die primêre doelwitte van die Sabbatskool:
• dat al die mense in die kerk, volwassenes, jeug en kinders lede is van die Sabbatskool;
• dat die Sabbatskoollesse elke dag bestudeer sal word vir bespreking op Sabbat; en
• dat die wêreldwye sendingprojekte ondersteun sal word.
Lees Meer